Moet Liefs Nie Jou Kripto-Winste Vir Jan Taks Wegsteek - Crypto Tax Consulting

MOET LIEFS NIE JOU KRIPTO-WINSTE VIR JAN TAKS WEGSTEEK

Verklaar die bates ten volle, of SAID kan groot boetes hef.

SOURCED FROM

Het ‘n maatskappy onlangs maar moeite gedoen met kripto-venwante inligting op sy belastingopgawe, kon hy ‘n  streng oudit deur Jan Taks en gevolglike boete van 125% van die bykomende belasting wat hy verskuldig was, vrygespring het.  

Wees dus gewaarsku: Verklaar dit wat jy uit kripto maak ten volle aan die Suid-Afrikaanse lnkomstediens (SAID), sê Thomas Lobban, ‘n belastingspesialis by Tax Consulting SA.

Dit raak mense wat al hul geld in kripto belê en miljoene se wins maak, soos handelaars, kripto-myners, deeltydse beleggers en selfs belastingbetalers wat byna passief ‘n opbrengs uit hul kripto-stokperdjie verdien.  

Lobban sê dit was juis die karige kripto-inligting op die betrokke maatskappy se belastingopgawe wat die SAID se aandag getrek het en tot ‘n oudit so ver terug as vyf belastingjare gelei het. Hoewel die belastingversuim nie kripto-verwant was nie, het kripto wel die rooi ligte laat flikker.  

Hy sê die SAID is nog stadig om kripto verwante belastingnakoming te verseker omdat hy waarskynlik wag dat beplande regulasies oor kripto-bates van krag word. Maar daarna kan die SAID nakoming in die verband selfs terugwerkend toepas.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het aangekondig hy gaan binne die volgende 12 tot 18 maande ‘n regulatoriese raamwerk vir die land se kripto-sektor implementeer, onder meer om ‘n veiliger kripto-ekosisteem te vestig en beleggers te beskerm.  

Lobban waarsku daar is geen tydsbeperking op hoe vêr Jan Taks kan teruggaan nie. 

‘Dit kan tot kriminele optrede lei.’ 

Lobban stem saam. “Baie belastingbetalers dink hulle is te klein vir die SAID om hulle van nader te bekyk, maar net soos ‘n verkeersbeampte nie omgee of jy ‘n Ferarri of bromponie bestuur as jy te vinnig ry nie, is die SAID gesteld op die nakoming van jou belastingplig.”  

Volgens Nicci Courtney-Clark, bedryfs- en belaslinghoof by TaxTim, sien hullle dat al meer belastingbetalers in die huidige belastingseisoen hul kripto­aktiwiteite verklaar maar hul kliënte is nog aan spesifieke oudits hieroor onderwerp nie.

Lobban sê as ‘n belastingbetalers sy kripto-bates behoorlik verklaar het, aanvaar die SAID dit meestal, maar daar was gevalle waar belasting verskuldig aangepas is op grond van handelswins of kapitaalwins wat verkeerd verklaar is.  

“Die SAID kies nie alle belastingopgawes waarop kripto-winste of verliese verklaar word vir verifikasie of oudit nie.”  

Dis raadsaam om kundige advies in te win, want hoewel die meeste belastingbetalers bewus is daar is belasting implikasies vir kripto-transaksies, dink baie steeds verkeerdelik dit gaan net oor kapitaalwinsbelasting of dat belasting gehef word as jy die waarde onttrek, sê Lobban.  

Selfs kripto-tot-kripto-transaksies is belasbaar waarsku hy.  

Daarenteen moet jy verliese verklaar in die betrokke jaar, anders sal jy dit nie later teen winste kan afskryf nie.  

Die SAID sê uilgawes aangegaan in die handel met kripto-bates is belastingaftrekbaar op voorwaarde dat dit an al die vereistes in belastingwetgewing voldoen.

Megan Landers, betuurder van internasionale belastingbetalers moenie dink hulle kan iets soos kripto-transaksies vir Jan Taks wegsteek nie.  

Die SAID kry kragtens wetgewing inligting van derdepartye soos banke, finansiele instellings en ook van die 12 grootste diensverskaffers van kripto-bates in die land oor gebruikers op hul platforms.  

Landers verduidelik inkomste of wins wat individue genereer deur in kripto te handel spruit gewoonlik uit die verkoop of ruil van kripto, of om dit te myn of deur kripto as sekuriteite te gebruik. 

“Die individu se bedoeling om kripto te bekom, te verkoop of te hou, sal bepaal of hulle belas word teen die inkomstebelasting of kapitaalwins belastingkoers”  

Lobban sê almal, insluitend die SAID, weet belastingnakoming met kripto is ‘n probleem met veel meer kripto-beleggers wat nie hul opbrengs daaruit verklaar nie. Derdeparty-inligling tot die SAID se beskikking beteken egter wegkomkans is min.  

Boonop het die SAID verskeie ooreenkomste met buitelandse entiteite ingestel wat hom help verseker die regte inligting en verklaarde inkomste verskyn op belastingopgawes.  

Rapport

Share to your social feed

CONTACT US

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Scroll to Top